Altus Theart

Wat ‘n awesome experience was dit nie om n dag by The Dental Spa deur te bring! Ja dis moeilik om te glo dat n dag by die tandarts pret kan wees, ek weet, maar dit was! Vanaf die intrapslag is ek hartlik verwelkom en vinnig was daar n heerlike koffie in my hand met almal wat hulle pearly whites afshow (smiles!) en dit was beslis nie net om die spa te promote nie, hulle is almal net baie vriendelik!

Na die heerlike koffie was ek in die stoel en Dr. Walter Reynecke en sy assistent het regtig moeite gedoen en hulle tyd gevat om die hele prosedure aan my te verduidelik en my heeltemal gerus te stel dat alles veilig is en dat ek nie my tande sal verloor nie! Elke vraag wat ek gehad het is eerlik, opreg en professioneel beantwoord. Selfs al het ek soms van die onderwerp van die prosedure wat sou volg afgedwaal, is al die vrae baie vriendelik beantwoord.

Ja nee kyk die klomp weet waarvan hulle praat! Die teeth whitening prosedure was toe ook glad nie so erg nie, alhoewel hulle jou vooraf waarsku dat dit nie dieselfde is vir almal nie. Na twee ure was ek klaar en het ‘n mond vol bright and white tande gehad! Wow! Selfs na dit alles is daar mooi aan my verduidelik wat ek mag en nie mag eet of drink tot ek terugkom vir my check up nie. n Dag of twee later was ek terug en is weer vriendelik verwelkom, weer n koffie in die hand gestop en almal was baie bly saam met my oor die goeie resultate wat ek gekry het! Wat ‘n awesome klomp mense!

altus-theart