Amor Vittone

Dit was vir my’ n eer en ‘n groot voorreg om onlangs n besoek te kon afle by The Dental Spa in Moreletta Park, Pretoria. Ek het n ewige vrees vir n tandarts en was geweldig gestress, maar ek en my kinders is met die grootste vriendelikheid en liefde verwelkom en ek het dadelik op my gemak gevoel. Selfs Kylie, wat nog nooit voorheen by n tandarts was nie, het op die stoel gaan sit sodat Dr. Walter Reynecke haar tandjies kon ondersoek. Dr. Reynecke is uiters professioneel, vriendelik en bedagsaam. Dit het my dadelik opgeval dat hy intens belang stel in sy pasiente en sy werk. Om mooi, wit en gesonde tande te he is so belangrik vir my selfbeeld, daarom is ek so dankbaar vir die geleentheid om van julle uitstekende diens gebruik te maak in die toekoms. Baie, baie dankie Dr. Walter en almal wat so hard werk in die spa. Julle is n span duisend!!! Ek beveel julle aan by almal.

amor vittone