Ciske Botha

Te danke aan Dr Walter Reynecke en sy span by The Dental Spa sal ek binnekort kan ophou kners oor die toestand van my tande.

Toe die geleentheid oor my pad kom om behandeling by The Dental Spa te kry was ek tog te dankbaar. Almal is baie vriendelik, en daar is ‘n lekker atmosfeer by die praktyk wat mens dadelik op jou gemak laat voel. Dr Reyenke het mooi verduidelik wat alles gaan nodig wees vir my behandeling en hoe ons te werk gaan moet gaan. Selfs die trek van my verstandtande was nie so angswekkend soos ek myself voorgestel het nie. Dr Reyeneke het uitstekende werk verrig, en ek was binne twee dae sonder swelling of pyn. Ek sien uit na die transformasie.

Baie dankie aan almal!

ciske-botha