Jana Nortier

Ek twyfel of daar nog ‘n mens op hierdie planeet is wat so bang is vir ‘n tandarts soos ek. Maar Dr. Walter Reynecke is nie net ‘n tandarts nie en The Dental Spa is als behalwe ‘n koue spreekkamer. En vandag kan ek eerlik waar se, na Dr. Walter en sy span sal ek keer op keer terugkeer. Dr. Walter het die vermoe om sy patiente tuis te laat voel, met ‘n persoonlikheid wat beslis nie tot eie reg kom agter ‘n tandarts-stoel nie. Sy perfeksionisme en die passie waarmee hy elke besoek hanteer, is nie net ‘n bewys van sy ervaring en kennis nie, maar ook ‘n verklaring van die kuns wat hy maak. Ek glimlag weer breed, pynloos en met nuwe selfvertroue, alles te danke aan Dr. Walter en sy span. Dankie vir Dokter se geduld met my vrese, die ekstra myl wat julle saam met my loop en julle deur wat altyd oopstaan, maar bo alles, my nuwe glimlag! Die kat kom beslis weer! 

Jana-Nortier