Karlien Van Jaarsveld

Van die eerste keer wat ek hom ontmoet het was Dr Reynecke ‘n ongelooflike aangename mens, baie professioneel, maar dit voel of jy hom al jare ken. Jy voel wanneer jy by hom is of jy sy belangrikste pasient is wat hy al ooit gehad het, terwyl hy al met soveel bekendes gewerk het. Hy behandel ook elke pasient van hom dieselfde, maak nie saak wie jy is nie. Sy hart is in sy werk en sy persoonlikheid is warm, hy is ongelooflik met mense om hulle so gemaklik as moontlik te laat voel, want almal weet watse gestres dit is om tandarts toe te gaan. Nou kan ek elke keer gaan sonder om ‘n kalmeerpil voor die tyd te sluk… Dankie Dok!!! Nou kan ek ook vir die eerste keer goed praat van ‘n tandarts! En my tande het nog nooit so mooi gelyk nie!! So dat die MOOI tydskrif sommer ‘n artikel oor Dr. Walter Reynecke se werk op my tande gedoen het! Dankie vir als! The Dental Spa is die perfekte naam keuse gewees vir die praktyk! 

Karlien-van-Jaarsveld