Izak Davel

Van my kant af wil ek net dankie se dat julle so mooi na my tande kyk en net die beste raad gee. Ek was meer bang vir ‘n tandarts as vir ‘n leeu, maar na my kuier by julle is dit glad nie meer die situasie nie. Julle verstaan presies hoe om met mense te werk en hoe om my gemaklik te laat voel....

Nedine Blom

Ek het vir 4 jaar ‘n tandarts se spreekkamer vermy agv my pynlike ondervindings in tandarts spreekkamers in die verlede. ‘n Vriendin van my wat bewus was van my vrees vir tandartse, het my verwys na Dr Walter Reynecke. Walter het my onmiddellik gerusgestel en my op my gemak laat voel. Hy moes ’n wortelkanaal behandeling op my tande uitgevoer waarvoor ek ’n heilige vrees gehad het. Walter is ‘n uiters bekwame tandheelkundige en uitstekend met kinders. Ek en my hele gesin is nou Dr Reynecke en The Dental Spa...

Ramey Short

Ek was voorgestel aan Dr. Walter Reynecke en The Dental Spa deur n gemeentskaplike vriend in 2010 waar hy my tande “gebleach” het net voor ‘n groot media event, Ek was baie verras om te sien wat die uitslag was en kon defnitief ‘n groot verskil op die fotos gesien het en soos almal weet wil jy nie sleg lyk in die media nie…Ek kan met trots sê dat Dr Walter Reynecke nie net n ongelooflike tandarts is nie maar ook n goeie vriend en mens, die hele span by die The Dental Spa is ongelooflike mense en baie professioneel wat ook n gemaklike atmosfeer skep, veral as jy sien hoeveel mense bang is om tandarts toe te gaan. Ek glo en weet dat enige persoon wat na Dr. Walter Reynecke en sy span gaan, gaan met dieselfde lof kan getuig as ek… Weereens dankie aan The Dental...

Sean Else

Kyk…ek is een van daai tipiese ouens wat banger is vir ‘n inspuiting en ‘n tandarts as enige iets anders in die wêreld…en dit sluit in Julius Malema se politieke mening! Maar Dr. Walter Reynecke het my vertroue in mensdom en tandartse weer herwin! Ernstig nou, Walter is ‘n briljante tandarts en selfs ‘n beter mens. Hy en sy hele span skitter in hulle wonderlike professionele diens en persoonlike afronding wat mens elke keer welkom en veilig laat voel. Ek kan hom regtig met alle eerlikheid voorstel aan ieder en elke...