Vilje Maritz

Die dag toe ek die oproep ontvang van The Dental Spa oor n borg wat hulle vir my wil gee, was ek so in ekstase, en toe kom daai gedagte, maar wat wil hul nou weer uit die deal he, en die antwoord is baie eenvoudig – niks – hulle wil net help!  Ek het gegaan dat my mond skoongemaak is en ek dink nie my mond het al ooit so vars en lekker gevoel nie, dankie dankie dankie!!! ‘n Paar dae later het ek gegaan sodat my tande wit gemaak word en wow! na 2 ure se behandeling het ek die witste smile ooit en ek kan nie ophou glimlag en lag nie en ek voel trots om soveel genot te he! Dit is een van die lekkerste gevoelens ooit!  Ek wil net baie dankie se aan Dr Walter Reynecke en sy span, dit wat ek by julle ontvang het is top gehalte en puik diens, ek beveel dit vir enige iemand aan.

vilje maritz